Ons het 'n droom nodig, om deur dit als te kom. Die Kleur van ons huis en 'n boom in ons tuin, ons het 'n naam nodig, iemand wat ons wil sien, dinge wat ons vir God wil vra, ons het 'n song nodig - een waarop jy wil afstap en 'n plan nodig om die laaste tandepaste uit die buisie te krap, ons het nie 'n roete nodig nie maar ek weet jy sal elke afdraai saam my vat, ons kan maar die 'high-life' verruil om voor 'n platespeler aan die slaap te raak in die kolletjie somer, daar op die mat. -Danie du Toit