Die kerkdiens begin om 13:15, dit sal goed wees om al 13:00 daar te wees om die beste sitplek te kry.
Dink netjies-informeel (aka smart casual) met ’n feestelike gevoel. Dis ’n buitelug-geleentheid, so gemaklike skoene is ’n goeie plan!
Die onthaal is buite in ’n ontspanne, oop-lug omgewing. As die weer dramaties raak, het ons ’n plan B - belowe.
Geen formele aansit-ete nie - ons bedien heerlike kanapés en pizza deur die loop van die geleentheid.
Dis meer van ’n kuier-en-sip viering as ’n dansvloer-maraton - maar niemand sal jou keer as die vibe jou roep nie.
As jou uitnodiging ’n metgesel insluit, sal hulle naam daarop verskyn. Ons sou love om almal te nooi, maar getalle is beperk.
So baie soos ons julle kinders geniet, is bywoning beperk tot die name op die uitnodiging. Ons sou graag almal se kids daar wou hê maar ongelukkig is getalle beperk.
Julle teenwoordigheid is vir ons die grootste geskenk. Indien julle graag iets wil gee, sal ’n bydrae tot ons nuwe hoofstuk baie waardeer word.