Ons tema vir die dag is blou — rustig, elegant en tydloos. Om hierdie kleure pragtig aan te vul, nooi ons ons gaste uit om natuurlike groen-, bruin- en donkergrys skakerings te dra. Slegs familie van die paartjie sal gevra word om asseblief navy te dra. Die kleredrag vir ons groot dag is semi-formeel, asb geen plakkies, jeans en skakerings van blou of wit nie!
Om ons dag so spesiaal en intiem moontlik te hou, is ons troue op RSVP-basis. Ons kan dus net gaste ontvang wat op die uitnodiging aangedui is, aangesien ons binne die kapasiteit van ons lokaal moet bly. Baie dankie vir julle begrip en ondersteuning — ons sien so uit daarna om hierdie dag saam met julle te vier!
Ons is dol oor julle kleingoed, maar ons seremonie en onthaal sal ’n geleentheid vir volwassenes wees. Ons hoop julle sien hierdie aand as ’n wonderlike kans vir ’n lekker date night saam! Baie dankie dat julle vooraf reëlings tref sodat julle voluit saam met ons kan vier.
Jy kan op die RSVP-tab hierbo klik en enige tyd RSVP. As jy verkies om via WhatsApp te RSVP, is jy ook welkom om dit so te doen!
Ons wil so graag saam met jou feesvier! Indien ons egter nie teen 1 September jou RSVP ontvang nie, sal jy ongelukkig as ‘nie bywonend’ gemerk word. Ons moet ’n presiese getal aan ons verskaffers deurgee, en kan nie laat bevestigings aanvaar nie.
Die seremonie begin stiptelik om 15:00. Ons vra asseblief dat almal ten minste 15 minute voor die tyd reeds in hul sitplekke is. As jy laat is, sal jy ongelukkig eers kan aansluit wanneer die kanapees bedien word. Kom eerder vroeg en ontspan saam met ons — ons sien uit daarna om julle almal betyds daar te hê!
Ja, 'n kontant kroeg sal beskikbaar wees vir gaste of verversings te koop.
Die grootste geskenk wat julle ons kan gee, is om die dag saam met ons te vier. Maar as julle voel julle wil bydra op 'n spesiale manier, sal 'n bietjie in die spaarvarkie vir ons toekoms baie waardeer word.