Belangrike inligting
'n Spoedige RSVP sal waardeer word, aangesien ons dan graag ander geliefdes wil nooi waarvoor finansiële omstandighede ons huidiglik nie toelaat nie.
Ons vra ook baie mooi dat julle nie sal RSVP dat julle kom & op kort kennisgewing kanselleer of wegbly nie. Ons word steeds verantwoordelik gehou vir die onkostes gemaak per persoon.
Kinders is nie onwelkom nie, maar huidiglik is kinders bo 2 nie deel van die gaste-lys nie. Asseblief kontak ons indien julle nie ander plan kan maak met julle kinders. Ons wil graag julle deel hê van ons groot dag & sal reëlings probeer aanpas sodra daar 'n plek oop is.
Musiek voorstelle
Watter liedjie kry jou op die dansvloer?
Help ons die DJ se speellys saam stel. Van skoffel tot lekker dansmusiek. Stuur jou gunsteling liedjies.
As julle ons wil bederf, sal 'n bydrae tot ons wittebrood baie waardeer word. Kontant of EFT is vir ons ideaal, maar enige gebaar word met dank ontvang.
FNB, Jan H Kleynhans, Current Account, 62738731539, 250655, REF jou naam