Bridesmaid
Hiii eks Christie. Jou tipe girl wat altyd tyd het vir ń 0.5x selfie, dis ook hoekom en sneaky was en vir Luanda drie fotos gestuur het waar sy moes kies ;) Indecisive… I know. Ons het mekaar ontmoet by die werk. Die bride en twee van die bridal party girls het saam gewerk. Die drie musketeer’s kan jy amper sê. Maar dit het nie daar gestop nie. Luanda het vinnig ń goeie vriendin vir my geword. Jy kan haar vra… selfs ń ouer sussie. Van advies tot in die maag lag, is ons altyd daar vir mekaar. Ek is baie opgewonde vir julle groot dag!
Bridesmaid
Ek is Cherise en ek en Luanda ken mekaar al vir n paar jaar. Ons het mekaar by die werk ontmoet en ons was net dadelik gemaklik met mekaar. Sy het soos my werk mamma gevoel, altyd die regte advies gegee en in die regte rigting in gelei. Dis n voorreg om langs haar te kan staan op haar en Jean se groot dag.
Bridesmaid and Groomsmen
Ek is Renè, besige mamma van 2 en Lian se ander helfte. Luanda en Jean is soos familie vir ons. Toe Jean, Luanda die eerste keer aan ons voorstel het ek geweet hy gaan met haar trou. Ek het baie vinnig baie lief geraak vir haar. Sy is vir my soos ‘n kleinsussie… mense het ons al gevra of ons sussie is! Ek is so opgewonde om deel te wees van hulle special dag!
Maid of Honor
My en Luanda se padjies het gekruis toe ek verlief geraak het op haar broer, so tegnies het die liefde ons familie gemaak. Maar wat as 'n skoonfamilie-verbintenis begin het, het vinnig in iets veel dieper gegroei. Ons is nie net skoonsusters nie; ons is sussies in die ware sin van die woord. Oor die jare het sy 'n vriendin, 'n vertroueling en 'n suster geword wat ek nooit geweet het ek nodig het nie. Om nou hier te staan terwyl sy haar eie liefdesverhaal vier, is vir my 'n ongelooflike voorreg.
Groomsman
Ek het Jean ontmoet op n rugbyveld in laerskool. Ons het teen mekaar gespeel. Nooit gedink ons sal na dieselfde hoërskool toe gaan nie. Daar het ons vriende begin word. Nie net op die trappe op en af by Helpmekaar nie maar so ook op die rugbyveld het ons mekaar leer ken. Van hier af het ons n pad begin stap en het ons vriendskap begin groei. Deur goeie tye en deur slegte tye was Jean altyd daar as n steunpilaar. Ons het baie lekker gelag en al lekker saam gehuil. Van jag, visvang en gholf speel het ons lekker gesels en herinneringe gemaak. Dat Jean se pad oor myne gekruis het, sal ek ewig dankbaar wees.
Groomsman
Hi, Rick hier. Middel broer van die 3. Ek ken vir Jean al so lank soos hy kan onthou en daar is al een of twee keer gese ons lyk so n bietjie soos mekaar. Ek het meer as 10 jaar trug New Zealand toe getrek waar ek my wonderlike vrou onmoet het. Ons het twee dogtertjies en kan nie wag vir Luanda en Jean se groot dag nie
Groomsman
Ek is Charl, Jean se oudste broer. Omdat Jean die klein boetie was, was ek altyd baie beskermend oor hom. Jean was ook my gym partner, my jag buddy en my buurman. Voor ek, Chantelle en die kids Nederland toe getrek het was ons weekliks by mekaar en hy het ons kinders sien groot word. Hy is ook ons dogter, Kara se peet pa. Ons sien baie uit om terug te kom vir die troue en om dit saam met hom en sy pragtige bride-to-be, Luanda te vier! 👊🏻