Ek weet 90% van die tyd word huwelikspaartjies se storie in derde persoon geskryf, maar ek voel dit is meer persoonlik in eerste persoon. Ons storie begin eintlik baie lank terug. Sover terug soos 2016 toe nie een van ons kan onthou dat ons saam in dieselfde voogklas was nie. Maar ter verkoming van langdradigheid sal ons die storie begin in 2019, toe ons begin uitgaan het. Die 29ste November 2019 het ek ‘n besluit gemaak wat (nie een van ons op die tyd besef het nie) die trajek van beide van ons lewens sou verander. Iets het nog nooit so sin gemaak en my verwar op dieselfde tyd nie. Op die een kant het dit, maak nie saak die omstandigheid nie, altyd reg gevoel. Wat my verwar het is hoe in ‘n wereld vol biljoene mense, ons mekaar gevind het. Die waarskynlikheid van dit is soos om op ‘n strand te begin grou en te hoop jy vind goud. In ons ses jaar het ons saam ‘n reeks hekkies teëgekom en die een na die ander saam oorwin. Van my pa wat my smokkel agter in sy bakkie tydens lockdown om by Benita te gaan kuier, tot ‘n eerste jaar Jan Daniel wat byna ontembaar was, tot twee finale jare in Bpharm en LLB. Met elke hekkie het ons band net sterker geword en ons verhouding in Jesus Christus net dieper. Met die oog op ons troudag wil ek en Benita net se dat almal wat uitgenooi is, werklik diep spore in ons hart getrap het en ‘n integrale rol gespeel het in wie ons altwee vandag is. Laastens, dink ek dis belangrik om te erken hoe van die begin af die Liewe Here se hand in ons verhouding was. Ek en Benita was saam op bybelkamp gewees, en ons het op ‘n bybel vers afgekom via Ds Marike. Dit was Jeremiah 29:11 :” For I know the plans I have for you declares the Lord, plans for welfare and not evil, to give you a future and hope.” Hier gebeur dit so dat ek vir Benita uitvra op 29/11, en dat ons trou op 29/11. Hierdie vers, is die goue draadjie in my en Benita se storie.