Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

VERBLYF OP VENUE

The Wedding Website of Juandré Van der Mescht and Hanri Nel
Bergland bied akkommodasie vir 38 persone. Familie van ver sal voorkeur geniet. Hierdie opsie sal 31 Januarie gefinaliseer word. Berglang bied ook kampplek. Indien daar genoeg aanvraag is, gaan ons You2Camp (glamping-foto bo) gebruik. Koste is R1400 vir 2 mense vir 2 nagte en sluit in: - Canvas tent 3x3m - bed met matras, bedtafel, beddegoed & handdoeke. - Ligte (binne&buite), grondseil, stoele, kragpunt binne tent. Laat weet teen 31 Januarie vir Hanri indien jy You2Camp wil gebruik. Sou jy nie You2Camp gebruik nie, kan jy jou eie tent/karavaan bring. Koste beloop R180 pp per nag. Alle staanplekke sluit in: - Eie water/elektrisiteit - Staanbraai - Ablusieblokke (soos vir You2Camp) met storte/bad, groot aantrekkamers & elektrisiteitpunte vir haardroërs & "straightners". Bergland het 'n generator, so beurtkrag sal nie inmeng met die mooimaak nie. As jy van die kampplek gebruik wil maak, kontak vir Teresa 0794985619. 'n "Shuttle" diens is ook beskikbaar (sien Ander Verblyf).