Ons Storie
“Die liefde is lankmoedig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie.” – 1 Korintiërs 13:4-5
Soos die Bybelse liefde, het Hanja en Johan mekaar gevind toe hulle in 2023 ontmoet het.
Hanja was ’n juffrou by ’n skool waar Johan se vriend, Leon, se dogtertjie een van die maatjies was. Leon het probeer om vir Johan Hanja se nommer te kry, want Johan was maar ’n skaam ou.
Omdat Leon ’n ouer by die skool was, wou Hanja nie haar nommer vir hom gee nie.
Johan het toe besluit om vir Hanja ’n uitnodiging op Facebook te stuur. Hulle het daar begin gesels en kort daarna op hul eerste koffiedate gegaan.
Die koffie het duidelik goed gegaan, want nou word jy uitgenooi na hulle troue!