Semi-formeel (Mammas pak ekstra klere in vir die kinders sodat hulle na die foto's lekker kan speel, en Potch raak vrek koud!).
Enige geskenkie word waardeer. Daar sal 'n boks wees indien jy 'n koevert wil bring op die dag. Addisioneel, kan jy ook geskenk bewyse gee.
Daar sal 'n kontant kroeg (met kaart fasiliteite) wees. Geen buite drinkgoed word toegelaat.
Ja, daar sal twee karwagte wees wat die karre oppas. Daar was ook nog geen probleme van tevore nie.
Daar is Uber in Potch, dit word sterk aanbeveel om daarvan gebruik te maak.
Daar sal 2 kleuterskool onderwysers beskikbaar wees. Daar sal ook vermaaklikhede vir die kinders voorsien word.
Die venue het 'n pizza menu vir die kinders, ons sal 'n paar bestel en hulle kan daarvan eet.