Geen trou geskenke is nodig nie, ons is geeerd om elkeen van ons familie en vriende saam ons op die spesiale geleentheid te kan hê. Maar as daar enige bederfies gegee wil word, sal kontant waardeer word.
Semi-formeel. Loer net nader aan tyd hoe die weer gaan wees, om net ietsie warm in tepak asseblief. Die seremonie is buite maar die onthaal is binne.
Net kontant kroeg is beskikbaar, asseblief onthou om kontant saam tebring, geen banke naby die venue nie.
Ons wil graag alle kinders verwelkom met ope arms, maar alle ouers moet asseblief net mooi kyk na hulle, want die Oranje Rivier loop naby die venue verby.