Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
January 18, 2025
Klerksdorp, South Africa

Bianca & Colin

LeavesLeaves

Colin Van Tonder

and

Bianca Roodt

January 18, 2025

Klerksdorp, South Africa

Ons Liefdes Verhaal:

#VanTonderLiefde

Ons verhaal het 7 jaar terug begin toe ons vir die eerste keer mekaar gesien het in Wilmed se ongevalle eenheid. Die ongevalle meisie was my eerste naam by hom. Dit was vir hom defnitief liefde met die eerste oog opslag maar nie vir my nie. Hy het my een keer gemessenger en ek het hom ignore, toe sy nommer vir my gegee maar die lê iewers op `n as hoop. Soos hulle sê third time is a charm. Hy het besluit om my en my dogtertjie uit te nooi na sy seuntjie se verjaarsdag partytjie. Ek wou eers niks weet nie maar het toe ingegee en gegaan. Die partytjie se tema is was brandweer se Fireman Sam, en ons almal het gaan fotos neem by die brandweerstasie, waar ek in die kar gebly het want my dogtertjie het geslaap. Heel beskermd het hy kort kort kom kyk of ek oky is en iewers net besluit om `n soen te steel by my. Daai soen het verseker dat Cupid begin werk het. So na jare se gesukkel, het ons begin uitgaan en ek het verlief geword op my ambulans man. Na 2 jaar se uitgaan het ek geweet hy is die een met wie ek eendag gaan trou,maar nie ek of my familie het verwag dat hy ooit die vraag sou pop nie. Ek het vir ons `n naweek weg bespreek omrede hy vir lank in Amerika werk dat ons net one on one tyd kan hê deur ons besige lewens. Min het ek geweet dat hy ander planne gaan hê vir ons vir daai naweek. By Bona Bona Game Lodge die 1ste Janurie 2024 het my grootste droom waar geword. Die droom wat elke meisie het, hy het op een knieg afgegaan en my gevra om met hom te trou. Die was die beste keuse wat ek kon maak en hy was alte bly dat hy uiteindelik die ongevalle meisie gekry het as sy eie. So, is ons oppad kansel toe om ons sprokie te begin.

Footer image