Anro & Judy se liefdes verhaal is so groot getuienes van die Here dat Hy altyd al jou gebede hoor. Voordat hulle mekaar ontmoet het , het Judy terug getrek Lichtenburg toe van die Kaap af en Anro was besig om vir hom n werk te soek oorsee. Min het hulle albei geweet dat die Here besig was om hulle paaie te kruis met mekaar. Alles het begin by 'n "mutual" vriend. Dit was 'n Vrydag aand in Lichtenburg waar die "mutual" vriend Judy gevra het om saam met hom en Anro die aand te gaan kuier, soos Judy in die kuier plek is stap sien sy dadelik vir Anro en besef die "Surfer dude" is defenitief nie van Lichtenburg af nie en toe sy haar weer kry groet Anro haar as of hulle mekaar al jare ken. Die volgende dag vra die "mutaul" vriend of Judy die Saterdag saam hulle n potjie wil kom maak by sy huis. Judy was nie baie lus nie maar tot vandag toe is sy so dankbaar dat sy gegaan het want van daai dag af het Judy geweet dis die man waarmee sy wil trou. Hulle het so baie in gemeen en Anro is die mees opregste mens wat jy in jou lewe sal kry. Anro het nie op hom laat wag nie en dadelik die naweek daarna deur gery van Secunda af Lichtenburg toe om Judy se ma-hulle te ontmoet. Na die naweek wat Anro by Judy hulle gekuier het , stuur Anro vir haar n boodskap en vra wil sy nie saam hom Parys toe gaan en vir "Joshau na die Reën" langsaan die Vaal Rivier gaan kyk nie. Sy het ingestem op dit en direk daarna haar vriendin gebel en gese sy dink Anro gaan haar uit vra. Nes daai dag en tot vandag toe, kan Anro niks wegsteek vir Judy nie en sy was reg. Op 2 Oktober 2021 het hy haar gevra om sy meisie te wees langsaan die Vaal Rivier.
Op baie "date nights" , elke woensdag deur ry Lichtenburg toe om Judy te sien net sodat Anro die volgende oggend weer vroeg moet ry om betyds te wees vir werk in Klerksdorp , naweek kuiers en soveel meer het hulle albei geweet dat hulle vir mekaar bedoel is en wil hulle die res van hul lewens saam mekaar deur bring. Anro het eendag by Judy kom sit en gese sy moet die datum oop hou , hy het vir hulle n plek geboek in Warmbad. So vetrek hulle die dag na Warmbad toe maar Judy besef dat die pad heeltemal te lank raak en Anro kon nie meer die geheim hou nie. Hy se toe vir haar dat hulle eintlik oppad is Hazyview toe. Net daar het Judy so klein bietjie hoop gehad dat Anro haar gaan vra om te trou. Eerste dag wat hulle daar is gaan hulle vroeg oggend op 'n Safari rit deur die Kruger National Wildtuin, Judy het nog nooit 4 uur die oggend op gestaan om make-up en hare te doen nie , want sy het gedink dis waar alles gaan gebeur. So is hulle aan die einde van hul Safari rit, en niks het gebeur nie. Judy dink toe by haarself miskien was die maarnet 'n lekker wegbreek naweek en geen vra van "Sal jy met my trou" gaan gevra word nie.
Anro en Judy het terug gekom by hul blyplek en toe iets gaan drink by die resturant langsaan die rivier, maar Anro kon nie sy senuwees wegsteek nie. Hy breek toe die nuus aan Judy dat hulle vanaand 'n "fine dine dinner" gaan he, nie by die resturant nie maar wel by die spa se gedeelte wat onder die bome is en reg langsaan die rivier. Die aand het aan gebreek en hulle is besig om klaar te maak , terwyl albei klaar maak se Anro hy het "vergeet" om vir die Safari rit te betaal so hy gaan net gou ontvangs toe om te betaal. Inteendeel het Anro met almal wat daar werk, gereël om die ete en decor reg te maak vir die aand sodat sy niks agter kom nie. Eintlik het Anro net gaan seker maak dat alles op hul pelk is. Oppad na die "fine dine dinner" sê Anro hy wil eers n draai ry in die oord en 'n liedjie klaar luister. Hulle stop toe uiteindelik by die Spa om hul "Fine dine dinner" te geniet , maar Judy moet letterlik deur die tuin loop om by die paadjie uit te kom, en dit is toe sy weet... Anro stres so dat hy sukkel om haar hand vas te hou, inteendeel sukkel hy om die boksie waarin die ring is weg te steek. Terwyl hulle af stap by die paadjie vol kerse en roos blare, kyk sy op en sien n piekniek kombers met sjampanje, 'n kaas bord, en op die tafel voor dit staan daar groot geskryf in liggies "Will you marry me". 28 April 2023 was die maklikste ja wat Judy al ooit gese het. Judy & Anro is so dankbaar dat die Here hulle bymekaar gebring het. Hulle albei kan nie meer wag om hulle nuwe hoofstuk saam te begin nie, hulle word een en stap die pad hand aan hand saam die Here.