Meer as net 'n Vriendin
Hartsmens! Sonder Julise kan ons maar die troue kanseleer. Sy het die grootste hart en maak elke oomblik meer spesiaal. P.S. Annika en Johnny het geveg oor wie se beste vriendin Julise is… Annika het natuurlik gewen.
Die Houer van My Sinne
Felicia is die een wat Annika gegrond en by haar sinne hou. Haar sagte hartjie en standvastige ondersteuning vul hierdie reis met vreugde, lag en selfvertroue.
Lig met 'n Tikkie Sarkasme
Chandre' bring altyd lig en goeie vibes...met 'n bietjie Sarkasme. Haar skerp kommentaar hou ons op ons tone, en ons kan nie die dag sonder haar insien nie.
Die Kalm Anker
Ronzelle bring rustigheid te midde van chaos. Haar kalm teenwoordigheid hou almal geanker en gaan ons help om op hierdie spesiale dag gefokus en rustig te bly.
Die Stem van die Dag
Ruan is die man met die mikrofoon en altyd ’n plan en as Johny dalk sy woorde verloor, weet ons klaar wie gaan inspring om die dag te red!
Die "Wild Card"
Niemand weet ooit wat Henco volgende gaan doen nie… en dis presies hoekom ons hom op ons troudag nodig het! Sy energie en groot hart maak alles net soveel lekkerder.
My Broer van ’n Ander Ma
Jaco se lojaliteit en goeie vibes maak enige dag sommer dubbel spesiaal. As iets skeef loop, is hy die ou wat dit regmaak. Hy sal sorg dat Johny op tyd is.
Die Vertroue Man
Johny kan vir Christiaan met enigiets bel – hy hou alles gegrond en op koers. Christiaan sorg agter die skerms dat alles net regval, altyd met ’n groot hart en ’n helpende hand.