Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
February 10, 2021

Alwyn & Debbie

    Debbie & Alwyn
    Skedule

Debbie Barnard

and

Alwyn Lubbe

February 10, 2021

Ons liefdesverhaal

Hierdie liefdesverhaal begin as twee vriende wat mekaar ondersteun deur die uitdagings van die lewe. Die verhaal van Rut en Boas het Debbie besonders na aan die hart gelê. Wat merkwaardig was, was Rut se blindelingse geloof. Net so merkwaardig was die respek, besorgdheid en onverdiende goedheid wat Boas aan Rut bewys het. Op 'n soortgelyke wyse het Alwyn hierdie selfde dinge aan Debbie gegee. Debbie weet dat God hierdie man spesiaal vir haar gestuur het. Terselfdertyd het Alwyn besef dat Debbie gestuur is om die leemte in sy hart te vul. Die gemak om homself te kon wees en om drome, idees, vrese en alledaagshede met mekaar te kon deel het 'n besonderse band tussen hulle laat ontstaan. Beide se wildste drome is oortref met 'n Meestersplan en die vreugde en liefde wat hulle by mekaar ervaar is nie van hierdie wêreld af nie. Waarheen hierdie pad gaan lei weet hulle nog nie, maar dat dit die avontuur van 'n leeftyd is, is seker.

God se genade

Jeremia 29:11-14

"Ek weet wat Ek vir julle beplan het" sê die Here. "Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister. As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind. Julle sal My toegangklik vind," sê die Here.

For all the days along the way
About ZolaGuest FAQsOrder statussupport@zola.com1 (408) 657-ZOLA
Start your wedding website© 2025 Zola, Inc. All rights reserved. Accessibility / Privacy / Terms