Loading
Loading
Loading
Loading
Loading
Loading

Ons sien uit om ons spesiale dag saam met jou te spandeer!

Menu
Hero Image

SD van Heerden

&

Elske Kleynhans

SD van Heerden

&

Elske Kleynhans

April 11, 2026

Wintersvlei, Hoopstad

Ons storie

"Hulle het mekaar se drome sien groei, mekaar se suksesse gevier, en mekaar in elke fase van die lewe ondersteun."

Deur Elske se oë: Ons het in Desember 2018 as 'n groep vriende gaan kamp, SD en my jongste boetie was vriende gewees maar ek en SD het nie baie van mekaar geweet nie. Die laaste aand het ons met mekaar begin gesels om die kampvuur en SD wou graag vir my 'n liedjie speel. Ons het aanhou gesels oor WhatsApp, hy was vir my so interessant gewees en ek wou net meer van hom uitvind. Na die Desember vakansie kon ons mekaar weer uiteindelik sien by die eerste koshuis sokkie. Ons het gedans en gesels, ek was smoorverlief! In April 2018 het SD my gevra om sy meisie te wees met my eerste kuier by hom op die plaas. Ons het mekaar aanhou kies deur die geraas van die lewe, en ons sal dit viraltyd doen. Hy is my beste vriend. Deur SD se oë: My storie sal seker begin na Desember vakansie toe ek die eerste aand met die koshuis sokkie verlief geraak het op Elske. Haar diepte wat sy gehad het om te deel en haar sekerheid oor wat reg is. Toe ons klaar is met skool het ons vir mekaar gesê ons is lief vir mekaar en wat gebeur en waar ons onsself mag vind, dat ons vir mekaar gemaak is. Ons het van toe af altyd baklei om nader aan mekaar te kom. Ons is vir mekaar onvervangbaar. Ons het op 'n punt van ons lewe gekom waar ons besluit het dat ons nie die lewe alleen wil aanpak nie, maar saam. Met die seën van ons Liewe Vader sal ons 'n lewe bou.

Footer image

Inligting

The Wedding Website of Elske Kleynhans and SD van Heerden
Seremonie begin 15:00 vir 15:30 te NG Kerk Hoopstad. Onthaal vind plaas te Wintersvlei, Hoopstad. Metgeselle en kinders per uitnoding. Ons nessie is klaar geveer, maar 'n geldjie sal ons waardeer. Indien u vooraf 'n bydrae wil maak: SD van Heerden FNB Rek no: 62248382278 Kleredrag: Formeel Kontant kroeg beskikbaar.

Saturday, April 11, 2026

SD & Elske Troue

3:00 pm - 11:45 pm

Wintersvlei Wedding Venue
FS, South Africa

Verblyf

The Wedding Website of Elske Kleynhans and SD van Heerden
Verblyf opsies: Clearwater Guest Farm: 072 542 1025 (1.5km) Hoopstad Guest House: 064 627 9122 (10km) Privaat Gastehuis: 083 310 3229 (10km) The Olivier Groenvlei Farm: 083 262 3551 (15km)

Tydlyn

The Wedding Website of Elske Kleynhans and SD van Heerden
» Seremonie 15:00 vir 15:30 NG Kerk, Hoopstad » Gaste ry na onthaal Wintersvlei Venue » Feestafel » Gaste beweeg in die saal in » SD van Heerden en Elske van Heerden Verwelkoming en Eerste Dans » Heildronke » Hoofgereg » Dansbaan word geopen » Nagereg » ONS DANS!

RSVP

The Wedding Website of Elske Kleynhans and SD van Heerden
RSVP asseblief voor/op 31 Januarie 2026.

Please enter the first and last name of one member of your party below.
If you're responding for you and a guest (or your family), you'll be able to RSVP for your entire group on the next page.

Ex. Sarah Fortune (not The Fortune Family or Dr. & Mr. Fortune)