3:30 pm - 11:45 pm
Semi Formeel
Arriveer asseblief ten minste 20-30 minute voor die seremonie.
Hotel
Hotel
Asseblief RSVP teen 30 September 2025.
Die kleredrag is semi-formeel, maar ons wil graag hê al ons gaste moet so gemaklik as moontlik aangetrek wees vir die bosveldhitte. Die volgende kan as 'n riglyn gebruik word, aangesien ons geen spesifieke kleurskema het nie: Vroue: Lang, Somer Rokke of 'n Semi-Formele Jumpsuit Mans: Lang of kort knopies hemp, met 'n formele langbroek. Bring ook wel 'n baadjie vir die koel aandlug & gemaklike skoene vir die dansbaan saam.
Die seremonie begin om 15:30 - probeer asseblief dus so 20-30 minute voor die tyd op die perseel wees. Ons trou by die "Cliff Venue" - volg asseblief die aanwysings sodra jy deur die hoofhek ry & parkeer op die ge-allokeerde areas.
Neem asseblief kennis dat Kuthaba slegs van kontant gebruik maak & glad nie kaartfasiliteite het nie, as gevolg van die slegte sein in die area. As jy dus van die kroeg wil gebruik maak tydens die onthaal, maak asseblief seker dat jy kontant byderhand het.
Ondersteun asseblief die kroeg tydens die onthaal, maar julle is meer as welkom om na die verloop van die onthaal nog saam te kuier by die "Boma" area met drank/drinkgoed wat jy saam gebring het vir die naweek.
Kinders onder 12 is beslis welkom & ons is dankbaar dat hulle ook kan deel vorm van ons spesiale dag. Neem wel kennis dat die onthaal baie naby aan 'n swembad is & ons vra mooi dat julle asseblief ten alle tye 'n oog oor hulle sal hou. Daar sal ook 'n spesiale aandete vir hulle voorberei word.
Neem kennis dat 'n metgesel slegs per uitnodiging is.
Ons het die hele perseel bespreek vir die naweek, so julle is meer as welkom om beide die Vrydag- en Saterdagaand oor te bly. Kuthaba is 'n wildsplaas, so julle is welkom om die naweek af te skop met 'n staproete om die plaas te verken of om lekker af te koel in die koue water swembad wat oor die vallei uit kyk. Ons voorsien slegs canapés, aandete & nagereg Saterdag na die seremonie & 'n komplimentêre ontbyt Sondagoggend. Julle is dus verantwoordelik om julle eie etes te voorsien vir Vrydagaand & Saterdagoggend. Verdere inligting rondom Vrydagaand se bring-en-braai sal nader aan die tyd deur gegee word. Maak asseblief ook seker dat julle voorsiening maak vir julle eie eetgerei & glase/koppies, aangesien nie al die eenhede ten volle ingerig is nie.
Akkommodasie kostes was deur gegee saam met die "Save The Date" - dit is gebaseer op die voorgestelde eenheid wat by jou familie dinamika pas. Sou jy gelukkig wees om vir een of twee aande daar oor te bly, betaal asseblief die volle bedrag oor na: Rekeninghouer: B Potgieter Rekeningnommer: 9353517527 ABSA Spaarrekening Verwysing: Naam & Van, Akkommodasie Die volle akkommodasie koste van al die gaste wat op die perseel oorbly, sal eenmalig oorbetaal word aan Kuthaba teen 30 November. Sou jy in die omliggende omgewing bly, moet eie reëlings asseblief in die verband getref word.
Ons grootste geskenk is om ons spesiale dag saam met al ons familie & vriende te spandeer. Indien jy dit wel op jou hart voel om ons te bederf met 'n geskenk, sal 'n kontant bydrae vir ons baie beteken.
Please enter the first and last name of one member of your party below.
If you're responding for you and a guest (or your family), you'll be able to RSVP for your entire group on the next page.